I write poems in English and in Afrikaans.
Here’s an Afrikaans one that was written on the 29th of December.
As I sat down with book and pen I had three words that came to mind.
Wrok.
Wrak.
Wraak.
I instantly fell in love with the alliterative feel of them and from them, a person and a world was born.
Quite a tragic person as it turns out.
See for yourself.
Opgewik
Afgewend
Wreedaardig
Wraakagtig
n Wrok
n Wrak
Van n lewe
Oor gegee aan drank
En maklike geld
Wat sy elke maklike dag
Maklik maak
Uit minstens drie maklike mans
Se maklike penise
Maar dit voel mos nie so gemaklik
Wanneer sy haar maklike geld
Moet verruil
Vir haar daglikse retoerkaartjie
Tot diep onder in die bottel
Waar sy haar
Ongemaklike siel
Moet loop soek
Shame tog
Die arme ding
Is diep weg gekruip
In n hoek
En hier by die toonbank
In n bar
Staan nog n ou
Wat dink hy ken haar
Wat sê hy sien haar
En dat hy graag al haar
Lewens verhaal shit
Wil skryf in n boek
Asof hy nie
Die eerste ou is
Wat dop vir n alkoholis koop nie
En sê hy wil haar storie vertel
Ou Tinkerbell
In haar gemaklike hel
Waar alkohol se blou vlam
Haar kaal brand en dan ontvel
En dan is dit more
En nou is nog n dag
Oppad na haar maklike werk toe
n Verkeersophoping
Met verlore vrag
Tannie met CY plate (soos gewoon)
Vat n kans
En sny haar af
Minwetend dat Tinkerbell
Vandag lus is
Vir byt en nie blaf
Opgewik
Afgewend
Wreedaardig
Wraakagtig
n Wrok
n Wrak van n lewe
Wat homself nou uit speel
Tussen pad se strepe
Van wit, swart en geel
Gewoonlik word n messteekery mos
Nie aan beveel
Maar wie gaan vanoggend
Vir n Tinkerbell
Met moord in haar oë sê
Hoe om met haar emosies te teel?
Opgewik
Afgewend
Wreedaardig
Wraakagtig
n Wrok
n Wrak van n lewe
Die blou alkohol vlam
Verruil vir n sel
Vir die eerste keer
In n baie lang ruk
Gaan dit actually
Met haar
Wel


